gewildstegedigte.litnet.co.za » A.D. Keet

Maar een Suid-Afrika
Gee my ’n roer in my regterhand –

En ’n flukse perd om hom weg te dra:

Gee my Suid-Afrika.

Gee my ’n kamp waar bossies groei,

Gee my ’n fraai volstruis wat broei –

En ’n Boereseun wat baie wa:

Gee my Suid-Afrika.

Gee my ’n koppie om op te staan,

Gee my die Swartland met al sy graan –

En nooit of te nimmer hoor jy my kla:

Gee my Suid-Afrika.

Gee my ’n vlakte ruim en wyd,

Gee my die veld se oneindigheid –

En die lekker geur wat die lug daar dra:

Gee my Suid-Afrika.

Muskiete-jag
Jou vabond, wag, ek sal jou kry,

van jou sal net ’n bloedkol bly

hier op my kamermure.

Deur jou vervloekte gonsery,

deur jou gebyt en plaery

kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei,

eer jy die doodslag van my kry –

my naam is Van der Merwe.

Muskiet, wees maar nie treurig nie,

wees ook nie so kieskeurig nie,

jy moet tog ééndag sterwe.

Verwekker van malaria,

sing maar jou laaste aria –

nog een minuut vir grasie.

Al soebat jy nou nóg so lang,

al sê jy ook: ek is nie bang,

nooit sien jy weer jou nasie . . .

Hoe sedig sit hy, o, die ding!

Sy kinders kan maar kranse bring

nóú gaan die vabond sterwe . . .

Pardoef! Dis mis! Daar gaan hy weer!

Maar dóód sal hy, sowaar, ek sweer –

my naam is Van der Merwe!

Die lied van die koringboer
Aan my moeder

“O sing my die lied, sing my die lied,

Die lied wat my hart so raak,

Van die Onderveld-boer en sy koringmiet

En die donder, wat kreun en kraak.”

“Vanmelewe het daar ’n boer gewoon,

Daar vér in die Onderveld,

Sy lande het altyd sy werk beloon

Met gerwe haas ongeteld.

Toe kom daar ’n grote droogte aan

En sy vee vrek hot en haar.

Die maande kom en die maande gaan,

Maar die reën bly vér van daar.

Dog skielik kom, op ’n somerdag,

’n Grote wolke-skaar.

Hulle lyk soos ’n seilende skepe-mag,

Wat reg op die aarde vaar.

Dit duur ook nie lank of die aarde word bang

Vir die wolke, wat toef op hul weg.

Want dis man aan man, en rang op rang,

Wat klaar staan vir die geveg.

Daar flikker opeens ’n bliksem-streep,

Hy slaan soos ’n sweep se slag;

En hy sny uit die grond ’n grote reep –

Die eerste skot van die dag.

En toe begin die rammel-rumoer,

Kanonne die gaan te keer,

Dit dreun en rol op die wolke-vloer,

Dit bulder al meer en meer.

Dit kletter en gons soos die haelkorrels spat,

Teen die klippe klap hul fyn.

Die stofwolke rys uit die dorre pad

En die bliksem-strepe skyn.

En hot en haar slaan die weerlig neer –

Dit skeur en dit kraak en dit raas.

En kort op mekaar, verskeie keer,

In die enigste miet van die plaas . . .

Toe hardloop die boer by die voordeur uit;

Met sy voorlaaier in sy hand

Vervloek hy die bliksem, tartend en luid,

Om sy koring wat staan in brand.

En roekeloos rig hy sy kleine roer

Naar die sware donderweer,

Dog die bliksem tref die arme boer

En morsdood val hy neer . . .

Die hael die gons, en die water giet

Op die smeulende vuur van die koringmiet . . .

En dit is die lied van die koringboer

Wat die hele jaar se gesaaie –

Sy brokkie brood, en sy vee se voer,

Sien vergaan ’t in ligtelaaie.”